top of page
Screenshot 2020-04-14 at 11.21.21.png

OOR MY

Daar is so baie dinge om te kan leer doen in die lewe...

Gedurende my "40-something" jare op aarde het ek leer skryf en leer verf en leer musiek maak en LEER FRANS PRAAT en sommer net leer lewe, want snaaks genoeg is laasgenoemde een wat baie mense nie leer doen nie...

Een van my passies (wat ek ook leer doen het) is om kennis oor te dra : kennis oor Frans, kennis oor geloof, kennis oor kuns...

Is dit nie immers waarvoor ons hier is nie? To build a legacy! Om dit wat ons vrylik ontvang het oor te dra aan die volgende geslag. DIT is hoekom ek Frans gee. Nie net vir die taal nie, nie net vir die ekstra "skill" nie, maar ook vir die interaksie. 

Sedert ek begin het, het ek al soveel fenomenale bande gebou met my leerlinge, dat dit my inspireer om te sien wié daar nog is wat ek kan leer ken, in wie se toekoms ek kan belê. En een hand was altyd die ander - ek ontvang net soveel van my leerlinge as wat hulle van my ontvang!

Ek glo sterk daaraan dat elkeen van ons uniek gemaak is, volgens 'n baie besliste "blueprint", en deur 'n baie besonderse Iemand. My missie is om jou te help om jou identiteit te ontdek, en ek het geleer dat ons bietjie meer van onsself uitvind na mate ons nuwe dinge leer doen. Daarom is die Franse taal hier beide 'n doel, en 'n middel tot 'n doel!

 

OOR DIE KLASSE

En dan is daar die cherrie op die koek: om Frans te leer praat vanaf jou eie taal: Afrikaans! 😌

Of moet ek sê in AfriFrench, want na 20 jaar in Frankryk meng ek maar so bietjie my tale lol... 🙈

Maar kom ek stel jou gerus, ek het die nodige opleiding (Universiteits Graad) en ervaring (20 jaar praktiese toepassing) om jou op n lekker manier die taal te leer praat. Ek glo dat mens vinniger leer as jy pret het, daarom doen ons allerhande interessante aktiwiteite tydens my groepsklasse, van bord speletjies tot gesigverf, you name it. Ek probeer my bes om dieselfde prinsiepe te handhaaf met my aanlyn klasse, hoewel daar natuurlik meer beperkings geld.

My wonderlike true blue authentically French Fransman, en my 100% AfriFrench meisiekind met hul perfekte Franse aksente, staan my by deur die klankbane op te stel.

​

Skryf vandag in en laat my toe om jou te help om jouself op 'n splinternuwe à la French manier te leer ken!

​

​

bottom of page