top of page

Kom ons begin met die kersie op die koek. 

Hiér kan jy Frans leer praat vanaf jou eie taal: 

AFRIKAANS! 

  Lila is 'n gekwalifiseerde drietalige tutor (gegradueerd, met 20 JAAR hands-on ERVARING van die Franse taal en onderrig). Stéphan is die true blue authentically French Fransman wat kletsklasse en immersie-sessies behartig.

Saam bied hulle jou 'n volledige taal & kulturele leerervaring!. 

(Of moet ek sê, in AfriFrench... want na 20 jaar in Frankryk meng ons maar so bietjie ons tale lol...) 

 Ons glo dat jy vinniger leer as jy pret het, daarom is die  kursus kreatief en veelsydig.

ONS FORMULES

Inskrywings is vir 'n jaar periode wat 3 trimester-modules en 'n mini jaar-einde toetsmodule insluit.

MODUS OPERANDI: ​

"DIY" FRANSE BEGINNERS KURSUS in Afrikaans.

  • weeklikse Whatsapp-bystand EN/OF

  • weeklikse klasse (aanlyn of in Stilbaai)

3 TOT 4 LESSE = 1 AFDELING ​

 3 AFDELINGS = 1 MODULE 

​

3 MODULES + 1 TOETS-MODULE = 1 SIKLUS ( 1 JAAR)​

GROEPSKLASSE

  • FRANSE BEGINNERS KURSUS in Afrikaans in Stilbaai

  • KLETSKLASSE met 'n regte egte volbloed Fransman (opsionele Afrikaanse bystand)

EXTRA INDIVIDUELE KLASSE 

aanlyn of in persoon (Stilbaai)

30 min OF 60 min

​

Formule 2

​

ONS KREATIEWE "DIY" FRANSE KURSUS

VIR BEGINNERS

​

KLETSKLASSE

​

​

Diegene wat alreeds Frans magtig is tot 'n mate

en graag wil deelneem aan groepsgesprekke om praktiese oefening in te kry, kan inskryf vir 'n

weeklikse kletsklas.

Daar word 'n verskeidenheid verskillende TEMAS behandel wat jou help om jou woordeskat uit te brei en sinskonstruksies te oefen.

​

Jy ontvang ook soms huiswerk opdragte, soos bv. om na 'n Franse video te kyk of 'n maklike teks te lees, wat dan in die daaropvolgende les bespreek word. 

Die  lesse  word oorwegend gelei deur Stephane, ons true blue authentically French FRANSMAN.

 

Klasse is  met inagneming van skoolvakansies.

​

​

​

​

LET WEL : Lesse (PDF & audios) word beskerm deur KOPIEREG en mag nie gedupliseer word op ENIGE manier (papier of elektronies) sonder die skriftelike toestemming van DIE AFRIFRANSE TAALSKOOL nie.

​

Jy ontvang elke maand 'n skakel en 'n wagwoord wat jou toegang gee tot die werk. 

 

Elke les bestaan uit 'n aktiwiteit met woordeskat en taal-verduidelikings in aflaaibare PDF formaat, asook klankbane waarna jy kan luister om die woorde reg te leer uitspreek.

​

WERKSRITME

Elke leerling vorder verskillend en ons pas sover moontlik aan by jou ritme. Elke les bevat wel minimum DOELWITTE wat bereik moet word en jy moet ook gereeld en herhaaldelik na die klankbane luister

 

INHOUD 

 3 MODULES

met onderafdelings van 3 tot 4 lesse per afdeling 

+  1 mini TOETS-MODULE (jaareinde) 

​

​

OPTIONELE "Op-AANVRAAG"

PRIVAAT LESSE 

​

Bespreek 'n privaat les waarin jy met LILA jou grammatikale vrae bespreek en/of jou uitspraak kan oefen met STÉPHANE.

​

VOORBEREIDING

Stuur asb enige spesifieke vrae ten minste 48h voor die les via WHATSAPP of EPOS

​

VIR INSKRYWINGS VOOR 1 MAART 2021

bottom of page